Hier volg inligting rondom die Beefmaster beesras. Skakels na alle bronne verskaf. Meer inligting sal bygevoeg word soos ons navorsing vorder.
Beefmaster Suid-Afrika |
Beefmaster
From Wikipedia, the free encyclopedia
Beefmaster is a breed of beef cattle that was developed in the early 1930s by Tom Lasater (the breed founder), after his father Ed c. Lasater created the breed, from a crossing of Hereford cows and Shorthorn cows with Brahman bulls. The exact mixture of the foundation cattle is unknown, but is thought to be about 25% Hereford, 25% Shorthorn and 50% Brahman. It was first recognized by the USDA as a new breed in 1954.[1] The original intention was to produce cattle that could produce economically in the difficult environment of South Texas. The cattle were selected by using the Six Essentials – weight, conformation, milking ability, fertility, hardiness and disposition. Though there are no standards for color, most are red to light red, with white mottled spots. Over the past decade black Beefmaster have become very popular among herd managers using the breed in their heterosis programs for hybrid vigor. These cattle are a versatile, multipurpose breed, meaning that they can be used for milk as well as beef.
Wat is 'n Beefmaster? (Soos deur die Beefmaster Genootskap)
Beefmaster is ‘n sintetiese ras wat geneties saamgestel is met ± 50% Brahman, 25% Hereford en 25% Korthoring bloed. Die resultaat was die Beefmaster wat die beste eienskappe van elke individuele ras aangeneem het. Dit is bereik na jare se selektiewe kruisteling, versigtige eksperimente en ongenaakbare uitskot van ongewenste diere.
Regdeur die geskiedenis van Beefmaster was die grootste doelwit van die beeste om vleis te produseer. Die beste beeste produseer die meeste hoë kwaliteit vleis teen die laagste koste, dit beteken meer wins. Die teel- en bestuursprogram wat nagevolg is, is gebaseer op die natuur se oudste wet: “Oorlewing van die sterkste.” By seleksie word ses vereistes gestel. Die vereiste ekonomies belangrike eienskappe is: Vrugbaarheid, Temperament, Gewig, Bouvorm, Gehardheid en Melkproduksie.

Vrugbaarheid:
Vrugbaarheid is die belangrikste ekonomiese eienskap wat oorweeg moet word met die seleksie van beeste. Elke vroulike dier twee jaar en ouer moet elke jaar ‘n goeie kalf speen onder natuurlike veld toestande, so nie sy word uitgeskot.
Verse word die eerste keer op die ouderdom 12 -15 maande gedek. Alle ouderdomsgroepe word onder veld en aangeplante weidingstoestande gepaar in ‘n dekseisoen van ongeveer 60 tot 90 dae. Elke vroulike dier moet dragtig raak en ‘n kalf speen met ‘n indeks bo 90 anders word sy uitgeskot. Geen verskonings en geen uitsonderings. Aan die bul se kant, beteken vrugbaarheid die vermoë om die meeste koeie in die bestek van die dekseisoen te dek. Hierdie klem op vrugbaarheid ly tot verhoogde wins.
Temperament:
Makker beeste is makliker en goedkoper om te hanteer, het beter groei en behaal beter pryse. Gemaklike hanteerbare beeste veroorsaak minder beserings en gewigsverlies en vereis minder arbeid wanneer daar met hulle gewerk word. Beefmaster beeste word gekenmerk vir hulle maklike hanteerbaarheid, alhoewel ‘n koei se moederinstink en beskerming van haar kalf nie verwar moet word met slegte temperament nie. Beefmasters is saggeaarde, intelligente beeste en reageer op die tipe behandeling wat hulle ontvang van hulle eienaars. Beeste met goeie temperament is ‘n plesier om mee te werk en meer winsgewend. Verskille in temperament word reeds voor speen waargeneem en die kalwers met swak temperament word by speenouderdom uitgeskot. Daarna word hul temperament voortdurend gemonitor en diere wat onaanvaarbare gedrag toon word uitgeskot.
Gewig:
Hoe swaarder die kalf weeg wanneer dit markgereed is hoe meer winsgewend is dit vir die eienaar. Speengewig is grootliks ‘n aanduiding van die melkvermoë van die koei, maar gee ook ’n goeie indikasie van die kalf se eie groei potensiaal. Naspeense gewig is ‘n indikasie van die vermoë van die kalf om gewig aan te sit, dit is gebaseer op sy eie genetiese potensiaal.
Kalwers word grootgemaak onder identiese veldtoestande en seleksie vind plaas gebaseer op speengewig, jaargewig en 18 maande gewig. Amptelike data van SA Stamboek word gebruik. Alle kalwers met ‘n indeks onder 90 word uitgeskot. Kudde vaars word geselekteer, gebaseer op hulle eie individuele prestasie vir groei. Bulle met bogemiddelde individuele speen en naspeen gewigte sal dit geneties oordra aan hulle nageslag. Hulle moeders se verwagte teelwaardes sowel as die bulle se eie verwagte teelwaardes word in ag geneem tydens die finale seleksie van kudde bulle. Na die aanvanklike seleksie vir gewig word vroulike diere nie uitgeskot op hulle eie gewig nie, maar wel vir die speen van ‘n swak onder gemiddelde kalf. Jy kan die winsgewendheid van jou boerdery verbeter deur gebruik te maak van Beefmaster bulle. Hulle produseer goeie kalwers met swaar speen en jaar gewigte.
Bouvorm:
Bouvorm van Beefmasters word gedefinieer as “tipe op die hak, nie tipe op die hoef nie” Die ideale bouvorm word geïllustreer deur beeste waarvan die bewerkte karkasse die meeste kilogramme sagte, nie vet vleis per kilogram lewendige gewig sal oplewer. Visuele eienskappe word ook geëvalueer, ‘n bul moet manlikheid wys, ‘n skoon onderlyn, optimale skrotum grote, uitstaande bespiering en lengte hê. ‘n Koei moet vroulik wees, ‘n sterk funksionele uier hê, met goeie spene. Bulle en koeie wat enige teken wys van strukturele defekte soos probleme met voete en bene word uitgeskot.Verse word die eerste keer op die ouderdom 12 -15 maande gedek. Alle ouderdomsgroepe word onder veld en aangeplante weidingstoestande gepaar in ‘n dekseisoen van ongeveer 60 tot 90 dae. Elke vroulike dier moet dragtig raak en ‘n kalf speen met ‘n indeks bo 90 anders word sy uitgeskot. Geen verskonings en geen uitsonderings. Aan die bul se kant, beteken vrugbaarheid die vermoë om die meeste koeie in die bestek van die dekseisoen te dek. Hierdie klem op vrugbaarheid ly tot verhoogde wins.
Temperament:
Makker beeste is makliker en goedkoper om te hanteer, het beter groei en behaal beter pryse. Gemaklike hanteerbare beeste veroorsaak minder beserings en gewigsverlies en vereis minder arbeid wanneer daar met hulle gewerk word. Beefmaster beeste word gekenmerk vir hulle maklike hanteerbaarheid, alhoewel ‘n koei se moederinstink en beskerming van haar kalf nie verwar moet word met slegte temperament nie. Beefmasters is saggeaarde, intelligente beeste en reageer op die tipe behandeling wat hulle ontvang van hulle eienaars. Beeste met goeie temperament is ‘n plesier om mee te werk en meer winsgewend. Verskille in temperament word reeds voor speen waargeneem en die kalwers met swak temperament word by speenouderdom uitgeskot. Daarna word hul temperament voortdurend gemonitor en diere wat onaanvaarbare gedrag toon word uitgeskot.
Gewig:
Hoe swaarder die kalf weeg wanneer dit markgereed is hoe meer winsgewend is dit vir die eienaar. Speengewig is grootliks ‘n aanduiding van die melkvermoë van die koei, maar gee ook ’n goeie indikasie van die kalf se eie groei potensiaal. Naspeense gewig is ‘n indikasie van die vermoë van die kalf om gewig aan te sit, dit is gebaseer op sy eie genetiese potensiaal.
Kalwers word grootgemaak onder identiese veldtoestande en seleksie vind plaas gebaseer op speengewig, jaargewig en 18 maande gewig. Amptelike data van SA Stamboek word gebruik. Alle kalwers met ‘n indeks onder 90 word uitgeskot. Kudde vaars word geselekteer, gebaseer op hulle eie individuele prestasie vir groei. Bulle met bogemiddelde individuele speen en naspeen gewigte sal dit geneties oordra aan hulle nageslag. Hulle moeders se verwagte teelwaardes sowel as die bulle se eie verwagte teelwaardes word in ag geneem tydens die finale seleksie van kudde bulle. Na die aanvanklike seleksie vir gewig word vroulike diere nie uitgeskot op hulle eie gewig nie, maar wel vir die speen van ‘n swak onder gemiddelde kalf. Jy kan die winsgewendheid van jou boerdery verbeter deur gebruik te maak van Beefmaster bulle. Hulle produseer goeie kalwers met swaar speen en jaar gewigte.
Bouvorm:
Gehardheid is genetiese eienskap wat gemeet kan word deur volgehoue produksie en langlewendheid. Geharde beeste is diere met die vermoë om gesond te bly en te produseer onder veldtoestande en verskeie klimaatstoestande met baie min hulp. Individuele diere wat die vermoë het om volgehoue produksie te lewer met minimale inmenging en met die minste koste.
‘n Bul moet wakker en vrugbaar bly en koeie dek vir verskeie jare. Koeie moet elke jaar ‘n aanvaarbare kalf produseer.
‘n Bul moet wakker en vrugbaar bly en koeie dek vir verskeie jare. Koeie moet elke jaar ‘n aanvaarbare kalf produseer.
Melkvermoë:
Beefmaster koeie word geselekteer vir melkproduksie deur die evaluering van die speengewigte van hulle kalwers. Meer melk beteken swaarder kalwers by speen. ‘n Koeie moet haar kalf soog vir 7 maande of langer en haar eie liggaam kan onderhou onder veldtoestande. Uiers het ‘n groot invloed op die melkproduksie hulle moet goed ontwikkel wees met eenvormige spene. Goeie uiers is kompak en moet ‘n groot kapasiteit hê, maar behoort nie te vlesig of uitgesak te wees nie. Bulle uit ‘n streng geselekteerde kudde sal waarskynlik dogters teel wat die goeie melkvermoë het en karaktereienskappe wat hulle by hul moeders geërf het, oordra aan hul nageslag. Swak kalwers en hul moeders met indekse onder 90 word uitgeskot.
Beefmaster word gekenmerk deur hulle melkvermoë. Die mees winsgewende manier vir groei van ‘n kalf is benutting van moedersmelk.
Beefmaster Suid-Afrika |
Wat is 'n Beefmaster? (Soos deur Schyff Beefmasters)
Die Beefmaster-ras is deur die welbekende Amerikaner, mnr. Tom Lasater, ontwikkel en in 1954 as ras deur die Amerikaanse Departement van Landbou goedgekeur.
Mnr. Lasater het die Beefmaster uit die Hereford-, Brahman- en Korthoringkudde geteel wat sy pa, mnr. Edward C Lasater, na sy afsterwe in sy bestuur agtergelaat het.
Mnr.Lasater het ’n intensiewe kruistelingsprogram op die kudde gevolg, naamlik:
Brahmankoeie gekruis met Herefordbulle
Herefordkoeie gekruis met Brahmanbulle
Korthoringkoeie gekruis met Brahmanbulle.
Na jare se kruisteling, eksperimente en uiters streng seleksie is die beste eienskappe van elke individuele ras vasgelê in die Beefmaster om aan hom al sy unieke eienskappe te besorg. Die Beefmaster is dus ’n sintetiese ras bestaande uit ±50% Brahman, 25% Hereford en 25% Korthoringbloed.
Mnr. Lasater het ’n uiters streng teelbeleid gevolg, gegrond op die ses noodsaaklikhede van beesboerdery, naamlik: vrugbaarheid, temperament, gewig, bouvorm, gehardheid en melkproduksie.
Hiermee saam het hy, in samewerking met die natuur, geglo in die oorlewing van die sterkstes. Mnr Lasater kon gevolglik in sy doel slaag om ’n vleisbeesras te teel wat met die minimum insetkoste ’n maksimum wins oplewer.
Bron: http://www.schyff.co.za/
Beefmaster Suid-Afrika:
Web: http://www.beefmastersa.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/Beefmaster-SA-248753118608501/
Twitter: https://twitter.com/beefmastercattl
Instagram - https://www.instagram.com/beefmastersa/
This blog is really informative and helpful at the same time. Keep sharing them.
AntwoordVee uittop quality beefmaster bulls
Thank you for sharing such as nice article Keep it sharing it will helpful for me.
AntwoordVee uitOur cousin Watt manages Casey Beefmasters in Albany, Texas (the second oldest Beefmaster breeder!). This incredible compilation of music photos and stories from the 1970s and 1980s music scene in Austin, Texas, and beyond.
Tbeefmaster bulls for sale in texas
AntwoordVee uitThankyouu for sharin such as informative blog. Keep it sharing it will helpfulle me.
beefmaster bulls for sale in texas