Dinsdag 19 Januarie 2016

Bonsmara

Hier volg inligting rondom die Bonsmara beesras. Skakels na alle bronne verskaf. Meer inligting sal bygevoeg word soos ons navorsing vorder.
Wat is 'n Bonsmara? (Soos deur Bonsmara Genootskap)
Bonsmara het sy ontstaan by die Mara en Messina navorsingstasies tussen 1937 en 1963 gehad, onder die wakende oog van Prof Jan Bonsma. Bonsmara het spoedig wêreldbekende status geniet as die enigste vleisras ter wêreld, wat deur ’n volledige gedokumenteerde kruisteelprogram ontwikkel is ─ met behulp van objektiewe aantekening van prestasiedata. Visuele evaluasie volgens die norme vir funksionele doeltreffendheid is vanaf die begin geïmplementeer, en word steeds streng toegepas.
 
Die naam is afgelei uit Prof Bonsma se van (Bonsma) en die naam van die Mara navorsingstasie (Mara), waar die eerste kruisteel kalf gebore is. Prof Bonsma en sy kollegas het voortdurend intensiewe kruisteelproewe geloods in byna 20 kommersiële stoete in verskillende dele van Suid-Afrika, om uiteindelik die bes presterende kruisteelproef van 5/8 Afrikaner en 3/8 Eksotiese Hereford/Korthoring, te vind.
 
Dit het gelei tot die vorming van die Bonsmara SA Beestelersgenootskap in 1964. Bonsmara is wyd versprei oor die hele Suid-Afrika en ander Afrikalande wat spoedig Bonsmara aanvaar het, sluit; Namibië, Uganda en Zambië in. Die internasionale vleisbeesnywerhede van Argentinië, Australië, Brasilië, Paraguay, Colombia, die VSA en Uruguay het hierna spoedig gevolg.
 
Streng seleksie vir ekonomiese eienskappe soos vrugbaarheid, melkproduksie, groeivermoë en aanpasbaarheid het dié sterk Bonsmara ras voortgebring. Hiérdié streng seleksie prosedures het grotendeels bygedra tot die feit dat Bonsmara trots daarin kon slaag om in minder as 25 jaar, tot een van die sterkste en mees professioneel geadministreerde beesrasse, in Suid-Afrika te kon groei. Na 52 jaar behou Bonsmara steeds sy hoë aansien as een van die mees prominente vleisbeesrasse in Suid-Afrika, met meer as ‘n 130 000 geregistreerde beeste.

Bron: http://bonsmara.co.za/

Bonsmara Suid-Afrika
Foto: http://www.arcadiabonsmara.com/

Bonsmara:
Die beesras kan maklik verwar word deur enige “rooi” tipe bees 'n Bonsmara te noem en ook te verkoop as 'n Bonsmara. Die Bonsmara het definitiewe sigbare eienskappe wat die ras van ander rooi beeste onderskei. By Katakoeroe probeer ons om die boer te help om die regte materiaal te koop om sodoende langtermyn verhoudings te bou en ons glo daarin om eerder meer te betaal vir die regte kwaliteit omdat dit 'n langtermyn belegging is om met bees te boer.

Die Bonsmara is gesog onder voerkraal aankopers, is gehard, die koeie gee goeie melk vir die kalf en is gewoonlik van goeie temperament. Hulle eenvormigheid is ook vir sommige boere 'n trekpleister.

Bron: http://www.katakoeroe.co.za/index.php/beeste

Bonsmara Suid-Afrika
Foto: http://www.arcadiabonsmara.com/

Bonsmara Suid-Afrika
Foto: http://www.arcadiabonsmara.com/
 
More about the Bonsmara:
No other individual has contributed so much to cattle breeding as professor Jan Bonsma, the father of the Bonsmara breed. The outcome of this scientific experiment is a cattle breed that incorporates the hardy Afrikaner, crossed with a European breed (Hereford x Shorthorn), called Bonsmara (from Bonsma and the research station Mara).
 
Any breed can survive and produce under ideal conditions. It is only when drought strikes and fertility and growth is influenced that an animal is put under pressure. With our typical African climate, parasite-related illnesses and diseases are another risk for cattle farmers. The Bonsmara was bred to excel even under these harsh conditions and rough climates.
 
CHARACTERISTICS OF A TYPICAL BONSMARA
  • The Bonsmara is functional efficient.
  • The Bonsmara is well adapted to the extensive South-African climate.
  • Bonsmaras are very fertile and breed small calves for easy calving.
  • Bonsmara cows produce and wean heavy calves every year.
  • Bonsmaras are subject to minimum growth standards and produce high quality meat.
  • Bonsmaras have a calm temperament and are handled with ease.
  • Bonsmaras are equally suitable in cross-breeding as well as pure cattle farming.
  • Bonsmaras are strictly selected according to the needs of commercial farmers.
  • All Bonsmaras are performance tested, inspected and approved by inspectors according to minimum breed standards.
  • All pure and approved Bonsmaras are branded with a on the right shoulder

Bron: http://www.bonsmaranamibia.com/ 


Bonsmara Suid-Afrika:
Web: http://bonsmara.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/Bonsmara-SA-158614440836496/?fref=ts
Twitter: https://twitter.com/BonsmaraSA

Bonsmara Suid-Afrika
Foto: http://www.arcadiabonsmara.com/

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking