Vrydag 15 Januarie 2016

Welkom by verRAS Jouself

Baie welkom - en as jy hier lees, baie dankie.

Hier is ons eerste "blog post" uiteindelik. Lank het ons gewonder... "to blog, or not to blog", maar julle kan tog sien hoe die besluit uitgedraai het. Ons hoop dat die keuse om van 'n blog gebruik te maak in plaas van 'n ordentlike webblad nie teen ons gaan tel aan die einde nie, maar tot dan, kom ons kyk wat gebeur.

Ons gaan stelselmatig al die beesrasse (vir eers) in Suid-Afrika se inligting bymekaar maak en hier plaas. 'n Beskrywing van elke ras, 'n paar foto's ens wat van verskillende platvorme af gekry gaan word, en dan alles op een plek laai - om dit makliker te maak vir die persoon wat inligting soek rondom 'n spesifieke ras vir watookal rede.

Wees verseker dat erkenning gegee sal word aan enige bronne wat gebruik word. Indien julle graag wil double check of 'n sekere feit wel waar kan wees (en indien dit nie is nie, kan julle sommer ook sien wie die regte sondebok is! #grappie).

So wees asb geduldig, en ons hoop om jou ras sommer binnekort hier te sien!

verRAS jouself, ou bul.
LV

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking